Baie geluk aan Megan Maree (100 m-hekkies) en Allené Theunissen (spiesgooi) met hul insluiting tot die SA Skole-atletiekspan 2026.
Die twee Garsies sal van 31 Augustus tot 3 September aan die COSASA Games in Zimbabwe deelneem, waar hulle Suid-Afrika op internasionale vlak sal verteenwoordig.
Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sterkte toe vir hierdie besondere geleentheid!


