Vandag het Berepark in ware Garsie-styl โn besonderse oomblik ingelui toe ons ons nuwe skoolhoof, mnr. De Kock, amptelik by Hoรซrskool Garsfontein verwelkom het.
Met โn feestelike verrassing is mnr. De Kock in โn motor voor โn volgepakte Berepark afgelaai, waar hy op โn rooi tapyt uitgestap het om by die vieringe aan te sluit. Elke graad het hom met โn spesiale geskenk verwelkom, voordat hy die klok gelui het en deur โn Garsie-erewag en luide applous verwelkom is.
Die lui van die klok het meer as net die begin van โn nuwe skooldag aangekondig. Dit het die amptelike begin van mnr. De Kock se reis as skoolhoof van Hoรซrskool Garsfontein ingelui.
Mnr. De Kock, welkom by die Garsie-familie. Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met groei, groot drome, besondere prestasies en vele onvergeetlike Garsie-oomblikke.
















