๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐-๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐!
๐ท๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐๐๐ข๐ โ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ‘๐ ๐ก๐๐ก๐๐!
Die Garsfontein 1A Ysbere het hul plek in die FAIN Noord-Vaal Bekerfinaal bespreek en speel Saterdag, 7 November teen Waterkloof vir die Beker.
Die Ysbere, wat tans onder die Top 10 op die Suid-Afrikaanse skoleskrieketranglys gereken word, het deur die loop van die kompetisie hul staal teen van die land se voorste skolespanne gewys. Op pad na die finaal het hulle onder meer Pretoria Boys High, Menlopark, KES en Kempton Park uitgeskakel, voordat hulle in die halfeindstryd met Potchefstroom Volkskool afgereken het.
‘๐ง ๐๐ง๐๐ซ๐ฎ๐ค๐ฐ๐๐ค๐ค๐๐ง๐๐ ๐ก๐๐ฅ๐๐๐ข๐ง๐๐ฌ๐ญ๐ซ๐ฒ๐
Die Ysbere het Potchefstroom Volkskool tot 145 lopies beperk en daarna die teiken met 146/6 suksesvol agternagesit.
Individuele uitblinkers in die wedstryd sluit in:
โข Joshua de Villiers: 79* lopies van 63 balle.
โข Ruan Cuyler: 3 paaltjies vir 43 lopies in 10 boulbeurte.
โข Alzjandro Potgieter: 4 paaltjies vir 16 lopies in 9 boulbeurte.
‘๐ง ๐ ๐ข๐ง๐๐๐ฅ ๐ฆ๐๐ญ ๐๐๐ฌ๐จ๐ง๐๐๐ซ๐ ๐๐๐ญ๐๐ค๐๐ง๐ข๐ฌ
Saterdag se eindstryd sal ook ‘n spesiale geleentheid wees vir ses spelers wat vir oulaas die Ysbere-trui sal dra. Vir Wikus du Preez, Righardt Joubert, Willem Louw, Ruan Coetsee, Riaan Boshoff en Charl van Staden sal dit die afsluiting van hul skoolkrieketloopbane as Ysbere wees.
Hierdie spelers het ‘n besondere bydrae tot die span gelewer en kry nou die geleentheid om hul Ysbere-loopbane op die hoogste moontlike noot af te sluit.
๐๐ข๐ ๐ฅ๐๐๐ฌ๐ญ๐ ๐ฎ๐ข๐ญ๐๐๐ ๐ข๐ง๐ !
Aan kaptein Wikus du Preez en sy span: Baie sterkte met Saterdag se groot uitdaging teen Waterkloof!
Die hele Garsfontein-gemeenskap staan agter julle. Speel met trots, vertrou op julle voorbereiding en gee alles op die veld.
Een span. Een droom. Een laaste stryd.
๐๐ก๐๐๐๐ก๐, ๐๐ ๐๐๐๐! ๐บ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐ก๐๐!



