Baie geluk aan ons leerders wat gekies is om Gauteng-Noord by die Suid-Afrikaanse Jukskei-kampioenskap te verteenwoordig!
Die spelers neem van 4–11 Desember in Kroonstad deel.
Ons Garsies wat deel vorm van die verskillende spanne:
Akademie Dogters 1: Anica Myburgh
Akademie Dogters 2: Stacey Pretorius (Kaptein) en Megan Jansen van Rensburg
Dogters o/16: Mieke van Zyl en Lireé Otto
Akademie Seuns 1: Tyron Ohlsen
Seuns o/16: Juan Janse van Rensburg
Seuns o/19: Gerhardus Matthee
Ons is ongelooflik trots op julle en wens elkeen baie sterkte toe!


