Oud-Garsie maak internationale naam

Ons is ongelooflik trots op hierdie oud-Garsie, Daniella Bezuidenhout, wat tans besig is om haar Meestersgraad in Lugvaart- en Ruimtevaartingenieurswese aan “Embry-Riddle Aeronautical University” in Florida, VSA, te voltooi — met graduering beplan vir Mei vanjaar.

Sy het reeds in Mei 2025 haar Baccalaureusgraad in dieselfde veld ontvang en kort daarna met haar meestersgraad begin — ’n bewys van haar toewyding, deursettingsvermoë en akademiese uitnemendheid.

As verdere erkenning is sy gekies as ’n wenner van die gesogte “20 𝐓𝐰𝐞𝐧𝐭𝐢𝐞𝐬”-𝐭𝐨𝐞𝐤𝐞𝐧𝐧𝐢𝐧𝐠 𝐝𝐞𝐮𝐫 “𝐀𝐯𝐢𝐚𝐭𝐢𝐨𝐧 𝐖𝐞𝐞𝐤 𝐍𝐞𝐭𝐰𝐨𝐫𝐤.” Hierdie internasionale program vereer jaarliks slegs 20 uitstaande STEM-studente wêreldwyd in hul twintigs. Sedert 2013 is net 220 studente uit meer as 190 universiteite in 39 lande vir hierdie eer gekies.

Wenners word beoordeel op akademiese uitnemendheid, navorsing en ontwerpprojekte, leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid en hul potensiaal om die toekoms van die lugvaart- en ruimtevaartbedryf te vorm.

Daniella deel die volgende: ”Dit beteken baie vir my om my prestasie met Garsies te kan deel, en ek hoop dit kan jong dames en mans by Garsfontein inspireer om groot te droom, hard te werk en hul drome met selfvertroue na te streef.”

Baie geluk Daniella. Garsies in ongelooflik trots op jou.🩵

Scroll to Top