Abrie van Staden Atletiekbyeenkoms

Die GARSIE-atlete het uitstekend gevaar tydens die Abrie van Staden Atletiekbyeenkoms op 23 Januarie, waar hulle ’n totaal van 95 medaljes verower het – ’n bewys van harde werk, toewyding en kwaliteit atlete.

’n Spesiale geluk aan Megan Marée, wat vir ‘n besonderse vertoning in die 100m hekkies gesorg het. Megan het haar hekkies in ‘n blitsige tyd van 13.76s afgelê. Hierdie prestasie gee haar 932 punte op die APE tabel. Haar dag was nog nie klaar nie, sy het die 100m gewen met ‘n tyd van 12.34s.

Ons junior atlete het ook hul staal gewys – Mieke Loock (o.14) het in beide haar items, gewigstoot en diskus, beïndruk. Allene Theunissen, Niela Gerson, Annebelle van der Mescht en Jenevieve Oosthuysen het hulle seisoen op ‘n hoë noot afgeskop en gewys hoekom hulle onder die beste spiesgooiers in die land is.

Aan die seunskant was daar uitstekende vertonings deur Dian Blignaut (100m hekkies), Lohan de Lange (spiesgooi), Ewan Coetzer (3000m) en Marcelle Werner in die naellope.

Baie geluk aan al ons atlete – julle harde werk en toewyding wys duidelik op die baan!

Garsies sien uit na die byeenkomste wat volg!

Scroll to Top