Garsies presteer op SA Skole-kampioenskappe.

Megan Maree is gekroon as die dogters o.17 SA Skole-kampioen in die 100 m-hekkies, waar sy ook ’n nuwe SA Skole-rekord opgestel het in ’n tyd van 13.23 s.

Allené Theunissen het haar seisoen in styl afgesluit en self ’n goue medalje in die dogters o.17 spiesgooi verseker met ’n afstand van 48.87 m.

Jenevieve Oosthuysen het ook uitgeblink en die bronsmedalje in die dogters o.17 spiesgooi verower.

By die seuns het Heinrich Weiss ’n 5de plek in die o.15 spiesgooi behaal, terwyl Joshua de Villiers 9de geëindig het in die o.17 verspring.

Baie geluk aan hierdie atlete met hul uitstekende prestasies!

Scroll to Top