Waterkloof Derby – Rugby.

Wat ’n ongelooflike derbynaweek tussen twee trotse Pretoria-skole.

Dit was ’n naweek waar sport gevier is, goeie gees oral sigbaar was en spelers, ondersteuners en ouers saam besondere wedstryde kon beleef.

Ons rugbyspanne het uitstekend gevaar en 9 van die 14 wedstryde gewen. Hoogtepunte van die dag sluit in:

  • Die Eerstespan se sterk 24 – 18 oorwinning.
  • Die Tweedespan se indrukwekkende 52 – 28 oorwinning.
  • Puik oorwinnings deur die o/16A-, o/16B- en o/16C-spanne.
  • Spannende wenne deur die o/14A- en o/14B-spanne.
  • Sterk oorwinning deur die o/15B- en 4de span.
  • Die o/16A-, o/16B- en o/16C-spanne wat ook dominante oorwinnings behaal het in hul wedstryde.

Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met die trots waarmee julle Garsies verteenwoordig het.

𝐇𝐨𝐮 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐥𝐚𝐝 𝐝𝐨𝐩 𝐯𝐢𝐫 𝐧𝐨𝐠 𝐟𝐨𝐭𝐨’𝐬 𝐞𝐧 𝐮𝐢𝐭𝐬𝐥𝐚𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐡𝐨𝐤𝐤𝐢𝐞- 𝐞𝐧 𝐧𝐞𝐭𝐛𝐚𝐥𝐰𝐞𝐝𝐬𝐭𝐫𝐲𝐝𝐞 𝐰𝐚𝐭 𝐛𝐢𝐧𝐧𝐞𝐤𝐨𝐫𝐭 𝐯𝐨𝐥𝐠.

📸 Joubert de Wet & Zian Albertyn

Scroll to Top