Akademie

Veels geluk aan ๐‘…๐‘ข๐‘๐‘’๐‘› ๐‘‰๐‘’๐‘›๐‘ก๐‘’๐‘Ÿ (๐‘”๐‘Ÿ๐‘Ž๐‘Ž๐‘‘ 12) wat 30 Julie 2026 aan die finale rondte van die South African Mathematics Foundation (SAMF) Olimpiade deelneem.

Dit is โ€™n merkwaardige prestasie aangesien slegs die beste 100 junior en 100 senior deelnemers landswyd genooi word om aan die finale rondte deel te neem.

Die vraestel, wat tydens die finale rondte geskryf word, is vier uur lank en die vrae stem ooreen met die moeilikheidsgraad van universiteite se toelatingseksamens. Die olimpiade word deur professore van verskeie universiteite onderskryf en het ten doel om die mees begaafde Wiskunde-leerders in die land te identifiseer.

Weereens geluk met jou merkwaardige prestasie, Ruben!

Veels geluk aan ๐‘Š๐‘–๐‘Ž๐‘› ๐บ๐‘Ÿ๐‘œ๐‘๐‘™๐‘’๐‘Ÿ (๐‘”๐‘Ÿ๐‘Ž๐‘Ž๐‘‘ 12) wat 99% vir Verdere Studies Wiskunde behaal het.

Verdere Studies Wiskunde is โ€˜n sewende vak wat leerlinge vanaf graad 10 as verrykingsvak kan neem. Leerders wat hierdie vak slaag, verwerf โ€™n internasionale matrieksertifikaat waarmee hul oorsee kan gaan studeer. Die eindeksamen word reeds in Mei geskryf.

Weereens geluk met jou merkwaardige prestasie, Wian!

Scroll to Top