Vir die vyfde agtereenvolgende jaar het die Garsies deurgedring na die toptien van die SARB Monetรชre Beleidskomitee Skolekompetisie. Dit is โn landswye kompetisie en Hoรซrskool Garsfontein is die enigste Afrikaanse skool wat vanjaar vir die finale rondte gekwalifiseer het.
Die span sal 5 Augustus โn voorlegging aanbied waar hul ekonome van die SARB oor hul besluit oor die verandering van die rentekoers moet oortuig. Die aankondiging van die wenspan vind 18 Augustus by die SARB plaas.
Ons wens die span alle sterkte en voorspoed toe vir die finale rondte.


