Vier van ons kranige Garsie-skuts het die afgelope Saterdag, 21 Februarie 2026, aan die SAARA Noordwes-Ope in Klerksdorp deelgeneem en uitmuntend presteer.
Anisa du Toit (o/16-dames) en Maryke Crous (o/21-dames) het albei koning gekraai met goue medaljes in sowel die 10M Sporter- as die 3P Sporter-afdelings. Mickayla van der Merwe het in die o/21-kategorie geskitter met silwer in beide 10M Sporter- as die 3P Sporter-afdelings, terwyl Aiden Zaayman ‘n stewige vierde plek in die o/16-mans (10M) en o/16-gemengde (3P) kompetisies behaal het.
Ons is geweldig trots op hierdie skuts se toegewydheid!




