Skyfskiet

Op Saterdag, 7 Maart, het Hoërskool Garsfontein die jaar se eerste Interskole-liga in ons eie skoolsaal aangebied.

Dit was ’n uiters suksesvolle geleentheid met strawwe kompetisie tussen die skuts van Hoërskole Garsfontein, Wagpos en Eldoraigne.

Dit was ’n groot eer om die SA Olimpiese rekordhouer in 10m-presisie, Jo-Anne Serfontein, as baanbeampte vir die 3P-afdeling te verwelkom.

Die Garsies het weereens uitstekend gevaar en die volgende plekke in die finale tellings behaal:

  • O/21: Maryka Crous – 3de plek
  • O/16: Anisa du Toit – 1ste plek, Jayden van Dyk – 2de plek, Juan Botha – 3de plek
  • O/14: Natalie de Beer – 1ste plek

Die dag was ’n reuse sukses, te danke aan die ouers en beamptes van oral wat met groot gewilligheid gehelp het om te verseker dat alles vlot verloop.

Scroll to Top