Na jare van toewyding aan Hoërskool Garsfontein en ’n enorme bydrae tot die groei van Garsie-rugby, is die Bere-rugbylosie amptelik herdoop na die Leon Bantjes Bere-rugbylosie.
Onder mnr. Bantjes se leiding het Garsie-rugby ontwikkel tot een van die land se voorste skolerugbyprogramme – met hoogtepunte soos drie opeenvolgende “Noordvaal Cup”-titels. Sy nalatenskap leef voort in elke speler wat die Garsie-trui dra.
Baie dankie, mnr. Bantjes, vir u visie, passie en onwrikbare toewyding aan Garsiesport.

