Ons o/16A-dogterspan het uitstekend presteer by die SAHNS O/16 Fees en 6 uit 8 wedstryde gewen, wat hulle ’n sterk 6de plek uit 26 skole besorg het.
’n Spesiale geluk aan Omphile Malikane wat aangewys is as Speler van die Toernooi – wat ’n ongelooflike prestasie!
Ons o/14A-span het ook hul merk gemaak by die Roedean Fees met 6 oorwinnings uit 8 wedstryde.
Die o/14B-span het goed meegeding en hul fees afgesluit met 3 wenne, 3 verlore en 2 gelykop uitslae.
Baie trots op al ons spelers se harde werk, spanwerk en deursettingsvermoë!




