Skyfskiet

Garsies is trots om aan te kondig dat Maryke Crous en Anisa du Toit gekies is vir die nasionale SANSSU Top 80-proewe.

Hierdie byeenkoms vind op 17 en 18 April in Vryheid, KwaZulu-Natal plaas, waar die land se top-skuts teen mekaar sal meeding.

Ons is uiters trots op julle prestasie en wens julle alle sterkte toe met die proewe!

Baie geluk ook aan Abigail Nabal wat gekies is om die Central Gauteng Pistol Association tydens die SAPF Nasionale Kampioenskappe te verteenwoordig.

Hierdie kampioenskappe vind vanaf 27 April tot 2 Mei by die Eeufees-skietbaan in Pretoria plaas.

Ons is baie trots op Abigail en wens haar alle sterkte toe!

Scroll to Top