Bofbal

Baie geluk aan Kiara vd Schyff (Graad 9) met haar uitstaande prestasies tydens die “Nasionale Bofbalkampioenskappe” wat van 28 Maart tot 1 April plaasgevind het.

Kiara het Gauteng verteenwoordig en is aangewys as die beste linker buiteveldspeler in die o/15-afdeling, asook opgeneem in die toernooi-span. Sy was deel van die Gauteng o/15A-span wat die toernooi gewen het, en is boonop gekies vir die SA Elite Opleidingspan.

Garsies is ongelooflik trots op jou, Kiara!

Scroll to Top