Ons seuns-hokkiespanne het tydens die vakansie aan verskeie toernooie deelgeneem en hulself goed van hul taak gekwyt teen sterk kompetisie.
Die o.14A-span het uitstekende spel gelewer met drie oorwinnings en een gelykopuitslag, terwyl die 2de span tydens die Eldo-fees tot die finaal deurgedring het en algeheel ππ°ππππ π πΓ«π’π§ππ’π π‘ππ.
In die Helpmekaar Goue Liga het die o.16B-span ook βn besonder sterk veldtog gehad en as π§πππ¬π°ππ§π§ππ«π¬ π πΓ«π’π§ππ’π nΓ‘ βn indrukwekkende reeks wedstryde.
Al ons spanne het waardevolle blootstelling en ondervinding opgedoen, wat βn belangrike bydrae tot hul ontwikkeling en die res van die seisoen sal lewer.
Baie geluk aan al die spelers en afrigters met hul toewyding en harde werk.







