Megan Maree het Donderdagaand aan die Hezekiel Sepeng Invitational Continental Tour in Potchefstroom deelgeneem, waar sy in die 100m hekkies vir senior vroue meegeding het.
Ten spyte daarvan dat Megan nog net 17 jaar oud is, het sy teen van die land se top senior vroue hekkie-atlete deelgeneem — en ’n indrukwekkende 3de plek behaal met ’n tyd van 13.61 sekondes!
Baie geluk, Megan. Garsies is ongelooflik trots op jou!


