Ons debatspanne het die afgelope naweek aan die ATKV-Debat se eerste rondte by Afrikaans Hoër Seunskool deelgeneem.
Met 6 senior spanne en 2 junior spanne wat deelgeneem het, was die dae gevul met indrukwekkende redenering en passievolle deelname.
Ons is ongelooflik trots op elke deelnemer wat die moed gehad het om hul stem te laat hoor en hul standpunte met selfvertroue te verdedig – dit was ’n ware viering van denke, taal en samewerking.






