Tydens die langnaweek het die B-spanne aan die Highveld Cup in Centurion deelgeneem.
Hierdie toernooi is hoofsaaklik vir A-spanne bedoel, maar ons o/14B-, o/16B- en tweedespanne het die geleentheid aangegryp om hulself teen sterk kompetisie te meet.
Baie geluk aan die o/16B-span met hul uitstekende prestasie om onder die top vier te eindig.
’𝐧 𝐁𝐞𝐬𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫𝐞 𝐰𝐨𝐨𝐫𝐝 𝐯𝐚𝐧 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤𝐰𝐞𝐧𝐬𝐢𝐧𝐠 𝐚𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐭𝐰𝐞𝐞𝐝𝐞𝐬𝐩𝐚𝐧 𝐰𝐚𝐭 𝐚𝐬 𝐰𝐞𝐧𝐧𝐞𝐫𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨/19-afdeling uit die stryd getree het. Hierdie span het ook tydens die April-vakansie ’n tweede plek by die Eldo-fees behaal.
Ons is uiters trots op julle prestasies en die wyse waarop julle die skool verteenwoordig het.

