Netbal

EERSTE NETBALSPAN MAAK SKOONSKIP BY SENTRAAL-TOERNOOI.

Beide die o/16 A- en Eerstespan het eerste plek behaal by die Sentraal-netbaltoernooi in Bloemfontein.

Die o/16A-span het 5 uit hul 6 wedstryde gewen en in die finaal met 25–10 teen Hoërskool Dr. Malan geseëvier om as wenners gekroon te word.

Die Eerstespan was onoorwonne in al 8 hul wedstryde en het, net soos in 2025, weer met die wentrofee as kampioene weggestap.

Individuele toekennings:

  • Beste verdediger O/15: Johané Fourie
  • Beste doel O/16: Mieke Dauth
  • Beste doel O/19: Veruscha Smith
  • Beste senterbaan O/19: Janke Schnetler

Finale posisies:

  • 14A-span: 4de
  • 15A-span: 3de
  • 16A-span: Wenners
  • 17A-span: 4de
  • Eerstes: Wenners
Scroll to Top