Die Garsie-landloopspan het uitstekende prestasies gelewer tydens die tweede liga van die seisoen. Ons atlete het sterk meegeding teen strawwe kompetisie en waardevolle punte vir die span ingesamel.
Die volgende atlete het besondere prestasies gelewer:
- Elri Dirkse van Schalkwyk het ’n uitstekende 2de plek behaal en daarmee een van die top-prestasies van die dag gelewer.
- Ewan Coetzer het ook baie sterk gehardloop en ’n uitstekende 4de plek behaal.
- Hanco Delport en Jacques de Villiers het onderskeidelik 9de en 10de geëindig en sodoende die top 10 op die dag gehaal.
- Damari Mouton het met ’n goeie wedloop ook ’n 11de plek behaal.
Baie geluk aan al ons Garsie-landloopatlete. Ons is ongelooflik trots op julle!


