Hokkie

Ons dogters- en seunshokkiespanne het tydens die derby teen Hoërskool Menlopark puik prestasies gelewer en met trots Garsies verteenwoordig op die veld.

Ons deel graag ’n paar van die hoogtepunte:

  • Dogters o/14B behaal ’n sterk 2–0-oorwinning.
  • Die dogters o/18-spanne eindig gelykop na wedstryde vol intense kompetisie.
  • Seuns o/16C stap weg met ’n 2–1-oorwinning.
  • Die seuns se eerste- en derdespan behaal beide indrukwekkende 3–1-oorwinnings.
  • Die seuns se tweedespan speel gelykop met ’n eindtelling van 1–1.

Baie geluk aan elke speler en afrigter met jul harde werk, deursettingsvermoë en uitstekende verteenwoordiging van Garsie-hokkie.

📸: Joubert de Wet & Carlie Hollenbach

Scroll to Top