Rugby

Ons rugbyspanne het die naweek uitstekend gevaar met 8 oorwinnings uit die 14 wedstryde wat teen Hoërskool Menlopark gespeel is.

Ons deel graag ’n paar Rugby hoogtepunte van hierdie derbynaweek:

  • Garsies se eerstespan wen met ’n telling van 52–20.
  • Garsies se tweedespan behaal ’n sterk oorwinning met ’n telling van 63–10.
  • Al drie ons o/16-spanne behaal sterk oorwinnings.

Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met jul harde werk, toewyding en puik verteenwoordiging van Bere-rugby.

Hou ons blad dop vir die uitslae van hokkie en netbal wat nog volg.

📸: Joubert De Wet

Scroll to Top