Dit is met groot leedwese dat ons die Garsie-gemeenskap in kennis stel van die afsterwe van ons oud-Garsie, Hyron Andrews.
Hyron het in 2013 aan Hoërskool Garsfontein gematrikuleer. Hy het onder andere vir die Sharks uitgedraf en het onlangs by die 10 Bet Lions aangesluit.
Ons innige meegevoel gaan aan sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.
Rus sag, Hyron.


