Nuus en Media

Krieketuitslae

Die Garsfontein Ysbere het ’n besondere mylpaal gevier toe Righardt Joubert en kaptein Wikus du Preez hul 100e eerstekrieketspanwedstryd gespeel het. Hulle wit “baggy’s” is met trots oorhandig deur: ’n Spesiale oomblik wat harde werk en toewyding vier! 𝐆𝐚𝐫𝐬𝐟𝐨𝐧𝐭𝐞𝐢𝐧 𝐘𝐬𝐛𝐞𝐫𝐞 𝐝𝐞𝐫𝐛𝐲 𝐭𝐞𝐞𝐧 𝐒𝐭 𝐀𝐥𝐛𝐚𝐧𝐬 𝐂𝐨𝐥𝐥𝐞𝐠𝐞: Baie dankie aan St Albans College vir die goeie gees […]

Nuus en Media

Oud-garsie presteer

Ons is ongelooflik trots om te sien hoe een van ons eie Oud-Garsies vandag deel is van ’n uitstaande span op ’n hoër vlak! Dié prestasie wys hoe vêr harde werk, toewyding en Garsie-gees jou kan neem. Baie geluk en alle sukses vir hierdie opwindende nuwe hoofstuk! Klik op die skakel om meer te lees:

Nuus en Media

Opleidingsnaweek vir ons debat- en redenaarsleerders

Die naweek het ons ń opleidingskamp gehad wat gevul was met insiggewende teorie-sessies, praktiese oefeninge en waardevolle opleiding deur kundiges wat spesialiseer in beide aktiwiteite. Ons leerders het nie net hul kennis verdiep nie, maar ook hul selfvertroue en vaardighede verder ontwikkel. Ons is trots op elke leerder se toewyding, harde werk en entoesiasme. Die

Nuus en Media

Bewustheid en kennis vir ‘n gesonde toekoms

Ons Graad 9-leerders het vandag ’n baie insiggewende praatjie bygewoon deur Zack v Heerden, een van die topstudente aan die Universiteit van Pretoria se Mediese Fakulteit. Zack het die leerders toegespreek oor die gevare van damprook en op ’n toeganklike, eerlike manier waardevolle kennis gedeel wat beslis tot nadenke stem. Die leerders het met groter

Nuus en Media

Koshuisbraai

Ons koshuis het onlangs ’n gesellige braai aangebied waar koshuisinwoners en hul ouers saam kon kuier en die Koshuis-familie ervaar. Die doel van die braai was om ons Troffels spesiaal te verwelkom en hulle amptelik as koshuisinwoners in te lyf. Dankie aan almal wat bygedra het tot ’n aand vol lekker gesels, trots en gemeenskap.

Nuus en Media

Akademiese Merietefunksie

Garsies het met trots stilgestaan by die uitnemende akademiese prestasies van 2025. Hierdie merietefunksie vier harde werk, deursettingsvermoë en die strewe na uitnemendheid – eienskappe wat ons leerders elke dag uitleef. Baie geluk aan die volgende top 10 leerders: Graad 12 2025 – Agter van links na regs: Emma Smit (namens Luka Smit), Christiaan Jordaan

Nuus en Media

Atletiek by Affies – ‘n dag vol trots

Ons atlete het uitstekend gevaar tydens die atletiekbyeenkoms by Affies. Garsies het beslis hul merk gemaak! Met sterk kompetisie regoor al die items het ons leerders hulself bewys en pragtige prestasies gelewer. Die volgende atlete breek rekords: Verskeie eersteplekke en podiumplasings getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware Garsie-gees. Hierdie uitslae wys die diepte van

Scroll to Top