Baie geluk aan die volgende Garsies wat vir die Landloop Gauteng-Noord Interprovinsiale Span gekies is:
• Ewan Coetzer (O/15 Seuns)
• Damari Mouton (O/16 Dogters)
• Hanco Delport (O/16 Seuns)
• Jacques de Villiers (O/16 Seuns)
• Elri Dirkse van Schalkwyk (O/20 Dogters)
Hierdie atlete sal op 20 Junie by die Lavender Kontreimark aan die Interprovinsiale byeenkoms deelneem en Gauteng-Noord verteenwoordig.
Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en wens julle alle sterkte toe vir die kompetisie!


