Wat ’n ongelooflike sukses! Danksy elkeen se bydrae het ons drie maal die hoeveelheid sanitêre produkte en niebederfbare kos ingesamel wat ons oorspronklik beoog het!
Die produkte is reeds by Derdepoort afgelewer, waar dit ’n verskil in mense se lewens sal maak.
’n Spesiale dankie aan Auto Xtreme, wat saam met ons hierdie projek moontlik gemaak het. Dankie vir julle ondersteuning en dat julle saam met ons ’n verskil wil maak!
Aan elkeen wat geskenk het, gehelp het en die projek ondersteun het: BAIE DANKIE! Julle het weereens bewys wat moontlik is wanneer die Garsie-familie saamstaan.
Kyk die video op Facebook: https://www.facebook.com/reel/3301504076904742/

