Garsie-atlete skitter by die AGN-kampioenskappe! ![]()
Garsies het uitstekend gevaar tydens die AGN-kampioenskappe en altesaam 9 medaljes huis toe gebring.
Een van die groot hoogtepunte was Megan Maree in die 100m-hekkies, waar sy goud verower het in ’n nuwe persoonlike beste tyd van 13.12 s.
Allené Theunissen het weer haar klas in die spiesgooi gewys met nóg ’n indrukwekkende 50 m+ gooi. Sy het haar persoonlike beste verder verbeter na 51.22m.
In die seuns o.18-spiesgooi het Lohan de Lange ook vir ’n reusegooi van 66.66m gesorg – ’n besonderse prestasie!
Garsies is ongelooflik trots op elke atleet se pragtige uitslae.









