BELANGRIKE NUUS VIR GARSIES!
Dit is met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe hoof amptelik aan die Garsie-gemeenskap bekend stel. Hartlik welkom, Mnr. de Kock.
Dit is met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe hoof amptelik aan die Garsie-gemeenskap bekend stel. Hartlik welkom, Mnr. de Kock.
Garsie-kultuur toon sy dinamiese aard! Baie geluk aan ons Dans Crew (dans) en Lisa du Plessis (sang), wat deurgedring het na die finale ronde van die jaarlikse ShowUp!-kompetisie op 16 Mei 2026 in die UP Aula-ouditorium. Hier is ook die skakel na die Instagram-blad waar hulle bemark en waar ons ook verskyn:
Garsies se inligtingsaande skop môre af! Die wagtyd is amper verby. Môre en Donderdag maak ons die deure oop vir toekomstige Garsies en hul ouers om die unieke Garsie-wees eerstehands te beleef. Kom ontdek ons trotse tradisies, topgeleenthede, dinamiese kultuur en waarom Garsies vir soveel leerders soos ‘n tweede huis voel. 13 & 14 Mei
Wat ’n ongelooflike derbynaweek tussen twee trotse Pretoria-skole. Dit was ’n naweek waar sport gevier is, goeie gees oral sigbaar was en spelers, ondersteuners en ouers saam besondere wedstryde kon beleef. Ons rugbyspanne het uitstekend gevaar en 9 van die 14 wedstryde gewen. Hoogtepunte van die dag sluit in: Baie geluk aan al ons spelers
Baie geluk aan Abigail Nabal wat uitstekend presteer het tydens die 2026 South African Pistol Federation se Nasionale Pistoolkampioenskappe. Sy het nie net Sentraal Gauteng met trots verteenwoordig nie, maar ook Hoërskool Garsfontein se naam hoog gehou. Abigail het die volgende prestasies behaal: -1ste plek in die Meisies o/16 10m lugpistool-afdeling. -3de plek in die
Hierdie week is ñ week van stil word, hoop ervaar en liefde met mekaar deel! Ons is baie opgewonde om te sien hoe elke tiener verdiep word in hulle verhouding met Jesus. “En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle
Megan Maree is gekroon as die dogters o.17 SA Skole-kampioen in die 100 m-hekkies, waar sy ook ’n nuwe SA Skole-rekord opgestel het in ’n tyd van 13.23 s. Allené Theunissen het haar seisoen in styl afgesluit en self ’n goue medalje in die dogters o.17 spiesgooi verseker met ’n afstand van 48.87 m. Jenevieve
Passie Erasmus, ambassadeur van die Virseker Noordvaal Cup, het kom inloer by Garsies en die gees kom aansteek. Nou is dit tyd vir Saterdag se groot wedstryd teen Hoërskool Waterkloof! Die span is reg. Die gees is daar. Die pawiljoene gaan dreun.
As jy nog nie genoeg van skolerugby kan kry nie, is die Virseker Noordvaal Beker se webwerf die plek vir jou. Bly op hoogte van alles wat tel: PLUS — jy kan deel wees van die Virseker Noordvaal Voorspeller en pryse wen. Daar is R106 000 op die spel, waarvan R53 000 vir die skool
Ons dogtershokkie neem deel aan die D1 – Girls Challenge in Kaapstad. Hul eindig Eindig 12de uit 24 skole. Baie geluk met julle puik prestasie!