Nuus en Media

Nuus en Media

Hokkie

Ons spog graag met 16 van ons hokkiedogters wat opgeneem is in Noord-Gauteng hokkiespanne. Dit is ’n besonder groot prestasie en ’n bewys van hul talent en toewyding op die veld. Baie geluk aan elke speler. Garsies is baie trots op julle!

Nuus en Media

Rugby

Ons rugbyspanne het die naweek uitstekend gevaar met 8 oorwinnings en 1 wedstryd wat gelykop geëindig het uit die 14 wedstryde wat gespeel is. Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met jul harde werk, toewyding en puik verteenwoordiging van Bere-rugby. : Joubert De Wet

Nuus en Media

Hokkie

Ons dogtershokkiespanne het Saterdag puik uitslae teen St Mary’s Waverley (Johannesburg) behaal. Uit die 11 wedstryde wat gespeel is, het 7 spanne gewen, terwyl 3 wedstryde gelykop geëindig het. Baie geluk aan elke speler en afrigter met jul uitstekende prestasies. : Carlie Hollenbach

Nuus en Media

Kultuur

Garsie Koor presteer! Ons Garsie Koor het ’n A-simbool tydens vanjaar se Pretoria Eisteddfod behaal. Hulle eindig onder die top 3 gemengde kore in Pretoria. Baie geluk aan ons koor en personeel!

Nuus en Media

Bergfiets

Baie geluk aan ons bergfietsryers met hul uitstekende prestasies en puik verteenwoordiging van Garsies! Meisies: Seuns: Garsfontein eindig algeheel 6de vir die dag.

Nuus en Media

Waterkloof Derby – Hokkie

Waterkloof Derby – Hokkie Wat ’n ongelooflike derbynaweek tussen twee trotse Pretoria-skole. Dit was ’n naweek waar sport gevier is, goeie gees oral sigbaar was en spelers, ondersteuners en ouers saam besondere wedstryde kon beleef. Ons deel graag die volgende hokkiehoogtepunte: SEUNSHOKKIE: DOGTERSHOKKIEHOKKIE: Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met die trots waarmee

Nuus en Media

Kultuur

Garsie-kultuur toon sy dinamiese aard! Baie geluk aan ons Dans Crew (dans) en Lisa du Plessis (sang), wat deurgedring het na die finale ronde van die jaarlikse ShowUp!-kompetisie op 16 Mei 2026 in die UP Aula-ouditorium. Hier is ook die skakel na die Instagram-blad waar hulle bemark en waar ons ook verskyn:

Scroll to Top