Nuus en Media
Opleidingsnaweek vir ons debat- en redenaarsleerders
Die naweek het ons ń opleidingskamp gehad wat gevul was met insiggewende teorie-sessies, praktiese oefeninge en waardevolle opleiding deur kundiges wat spesialiseer in beide aktiwiteite. Ons leerders het nie net hul kennis verdiep nie, maar ook hul selfvertroue en vaardighede verder ontwikkel. Ons is trots op elke leerder se toewyding, harde werk en entoesiasme. Die
Bewustheid en kennis vir ‘n gesonde toekoms
Ons Graad 9-leerders het vandag ’n baie insiggewende praatjie bygewoon deur Zack v Heerden, een van die topstudente aan die Universiteit van Pretoria se Mediese Fakulteit. Zack het die leerders toegespreek oor die gevare van damprook en op ’n toeganklike, eerlike manier waardevolle kennis gedeel wat beslis tot nadenke stem. Die leerders het met groter
Koshuisbraai
Ons koshuis het onlangs ’n gesellige braai aangebied waar koshuisinwoners en hul ouers saam kon kuier en die Koshuis-familie ervaar. Die doel van die braai was om ons Troffels spesiaal te verwelkom en hulle amptelik as koshuisinwoners in te lyf. Dankie aan almal wat bygedra het tot ’n aand vol lekker gesels, trots en gemeenskap.
Akademiese Merietefunksie
Garsies het met trots stilgestaan by die uitnemende akademiese prestasies van 2025. Hierdie merietefunksie vier harde werk, deursettingsvermoë en die strewe na uitnemendheid – eienskappe wat ons leerders elke dag uitleef. Baie geluk aan die volgende top 10 leerders: Graad 12 2025 – Agter van links na regs: Emma Smit (namens Luka Smit), Christiaan Jordaan
Atletiek by Affies – ‘n dag vol trots
Ons atlete het uitstekend gevaar tydens die atletiekbyeenkoms by Affies. Garsies het beslis hul merk gemaak! Met sterk kompetisie regoor al die items het ons leerders hulself bewys en pragtige prestasies gelewer. Die volgende atlete breek rekords: Verskeie eersteplekke en podiumplasings getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware Garsie-gees. Hierdie uitslae wys die diepte van
Opwindende Aankondiging
Met groot opgewondenheid kondig ons KLUB88 aan! Klik op die aangehegte advertensie vir vêrdere inligting.
n Groot naweek vir Garsfontein se Ysbere-krieket, met sterk spanpogings en indrukwekkende uitslae. 𝐃𝐄𝐑𝐁𝐘: 𝐆𝐀𝐑𝐒𝑰𝑬𝑺 𝐯𝐬 𝐂𝐎𝐑𝐍𝐖𝐀𝐋𝐋 𝐇𝐈𝐋𝐋 𝐂𝐎𝐋𝐋𝐄𝐆𝐄: ’n Dag vol intensiteit, karakter en dominante prestasies! 1A Ysbere 1B Ysbere CHC – 297/10 (63) Garsie – 114/10 & 36/5 (13) O/15A Ysbere O/14A Ysbere Wen met 7 paaltjies op 1ste beurte 𝐓𝐇 𝐒𝐏𝐎𝐑𝐓 𝐋𝐈𝐆𝐀:










