Nuus en Media

Swem

Garsie-swemmers het uitstekend presteer by die laaste vriendskaplike gala by AHS voor Interhoër. Ons is trots op elke swemmer se harde werk en deursettingsvermoë. Interhoër, ons is reg!

Nuus en Media

Internationale Erkenning

Ons is ongelooflik trots op Mialiez Badenhorst (‘n Graad-10 Garsie leerder) wat deel is van die Synchro-span, Team Illusion, wat gekies is om Suid-Afrika en die Gauteng North Figure Skating Association te verteenwoordig by die gesogte Internasionale Riga Amber Cup 2026 in Latvia. Maande se harde werk en lang ure se toewyding is beloon met

Nuus en Media

Atletiek – Curro Podium-byeenkoms

Hoërskool Garsfontein eindig nasionaal algeheel 12de uit 46 skole! Dogters wat hul PERSOONLIKE BESTE verbeter het: Seuns wat hul PERSOONLIKE BESTE verbeter het: Spesiale geluk aan twee uitstaande dogters wat bo 950 ASA-punte behaal het: Dit is wêreldklas prestasies! Ons is ongelooflik trots op elke Garsie-atleet wat die turkoois met trots gedra het.

Nuus en Media

Krieketuitslae

TH Liga Semi-finaal: Ons jong Ysbere het ook weer gewys waarvan hulle gemaak is! Baie geluk aan die spanne met ’n puik vertoning. Op na die volgende uitdaging!

Nuus en Media

Skyfskiet-opedag

Die Garsies Skyfskiet-opedag het op Saterdag, 7 Februarie plaasgevind. Altesaam 59 potensiële skuts het hul slag op Garsies se eie skietbaan kom probeer, waar beide geweer- en pistoolskiet op die proef gestel is. Onder die kundige leiding van ons spanleiers – Senior kaptein, Liam Rootman en kapteine, Lariska Bouwer, sowel as Junior kaptein Wilro van

Nuus en Media

Valentynsbal

Wat ’n aand om te onthou! Ons Garsies het behoorlik uitgehaal vir vanjaar se Valentynsbal, waar styl, glimlagte en lekker kuier die dansvloer gevul het. Van pragtige uitrustings tot onvergeetlike oomblikke saam vriende, was die aand ’n ware viering van gees en samehorigheid. Baie dankie aan elke leerder en organiseerder wat hierdie spesiale geleentheid moontlik

Nuus en Media

Krieketuitslae

Die Garsfontein Ysbere het ’n besondere mylpaal gevier toe Righardt Joubert en kaptein Wikus du Preez hul 100e eerstekrieketspanwedstryd gespeel het. Hulle wit “baggy’s” is met trots oorhandig deur: ’n Spesiale oomblik wat harde werk en toewyding vier! 𝐆𝐚𝐫𝐬𝐟𝐨𝐧𝐭𝐞𝐢𝐧 𝐘𝐬𝐛𝐞𝐫𝐞 𝐝𝐞𝐫𝐛𝐲 𝐭𝐞𝐞𝐧 𝐒𝐭 𝐀𝐥𝐛𝐚𝐧𝐬 𝐂𝐨𝐥𝐥𝐞𝐠𝐞: Baie dankie aan St Albans College vir die goeie gees

Nuus en Media

Oud-garsie presteer

Ons is ongelooflik trots om te sien hoe een van ons eie Oud-Garsies vandag deel is van ’n uitstaande span op ’n hoër vlak! Dié prestasie wys hoe vêr harde werk, toewyding en Garsie-gees jou kan neem. Baie geluk en alle sukses vir hierdie opwindende nuwe hoofstuk! Klik op die skakel om meer te lees:

Nuus en Media

Opleidingsnaweek vir ons debat- en redenaarsleerders

Die naweek het ons ń opleidingskamp gehad wat gevul was met insiggewende teorie-sessies, praktiese oefeninge en waardevolle opleiding deur kundiges wat spesialiseer in beide aktiwiteite. Ons leerders het nie net hul kennis verdiep nie, maar ook hul selfvertroue en vaardighede verder ontwikkel. Ons is trots op elke leerder se toewyding, harde werk en entoesiasme. Die

Scroll to Top