Garsie Koor maak ’n Kaapse draai
𝑂𝑛𝑠 𝑘𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑜𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐾𝑎𝑎𝑝 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘 ’𝑛 𝑝𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙 𝑚𝑢𝑠𝑖𝑘𝑎𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑓 𝑡𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑜𝑛 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙.
𝑂𝑛𝑠 𝑘𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑜𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐾𝑎𝑎𝑝 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘 ’𝑛 𝑝𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙 𝑚𝑢𝑠𝑖𝑘𝑎𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑓 𝑡𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑜𝑛 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙.
𝑂𝑢𝑑-𝐺𝑎𝑟𝑠𝑖𝑒, 𝐿𝑎𝑟𝑎 𝑣𝑎𝑛 𝑁𝑖𝑒𝑘𝑒𝑟𝑘, ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑢𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑤𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 50 𝑚-𝑏𝑜𝑟𝑠𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑡𝑎𝑡𝑒𝑏𝑜𝑛𝑑𝑠𝑝𝑒𝑙𝑒! Ons is ongelooflik trots op jou, Lara!
Baie geluk aan Baraka Zando met sy uitstekende prestasies by die WUKF South African National Championships & Afro-Asia Open wat in Gqeberha, Oos-Kaap, plaasgevind het. Baraka het Gauteng met trots verteenwoordig en die volgende prestasies behaal: 1ste plek: Rotasiegeveg 3de plek: Span-Kata Ons is ongelooflik trots op jou, Baraka!
Baie sterkte aan ons o/17A-netbalspan wat vandag by Hoërskool Dr E.G. Jansen aan die SA’s deelneem.
Baie geluk aan oud-Garsies, Arista van Zyl & Andrea Groenewald wat gekies is vir die Noord-Gauteng o21 span wat 10 tot 15 Aug in die Nasionale toernooi gaan deelneem in die Oos-Kaap.
Garsies wens jou alle sterkte toe met jou Gewigstoot by die Wêreld Atletiek 0/20-kampioenskappe, wat van 5–9 Augustus in Eugene, Oregon, VSA aangebied word. Mag hierdie ’n ongelooflike ervaring wees en mag al jou harde werk beloon word.
Die skool se debatspanne het verlede naweek aan Con Spirito Debatkompetisie se eerste rondte deelgeneem. Baie geluk aan die volgende spanne wat deurgedring het na die semi-finale rondte wat 27-29 Augustus by Hoërskool Garsfontein plaasvind.
Baie geluk aan Kiara van der Schyff wat tans Suid-Afrika in Rockford, Illinois, VSA, verteenwoordig as deel van die o/16 South African Women in Baseball Elite-span by die Baseball for All-toernooi!
Vandag het Berepark in ware Garsie-styl ’n besonderse oomblik ingelui toe ons ons nuwe skoolhoof, mnr. De Kock, amptelik by Hoërskool Garsfontein verwelkom het. Met ’n feestelike verrassing is mnr. De Kock in ’n motor voor ‘n volgepakte Berepark afgelaai, waar hy op ’n rooi tapyt uitgestap het om by die vieringe aan te sluit.
Vir die vyfde agtereenvolgende jaar het die Garsies deurgedring na die toptien van die SARB Monetêre Beleidskomitee Skolekompetisie. Dit is ‘n landswye kompetisie en Hoërskool Garsfontein is die enigste Afrikaanse skool wat vanjaar vir die finale rondte gekwalifiseer het. Die span sal 5 Augustus ’n voorlegging aanbied waar hul ekonome van die SARB oor hul