Author name: Sven Bergman

Nuus en Media

Atletiek

Baie geluk aan Megan Maree (100 m-hekkies) en Allené Theunissen (spiesgooi) met hul insluiting tot die SA Skole-atletiekspan 2026. Die twee Garsies sal van 31 Augustus tot 3 September aan die COSASA Games in Zimbabwe deelneem, waar hulle Suid-Afrika op internasionale vlak sal verteenwoordig. Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sterkte

Nuus en Media

Akademie

Veels geluk aan 𝑅𝑢𝑏𝑒𝑛 𝑉𝑒𝑛𝑡𝑒𝑟 (𝑔𝑟𝑎𝑎𝑑 12) wat 30 Julie 2026 aan die finale rondte van die South African Mathematics Foundation (SAMF) Olimpiade deelneem. Dit is ’n merkwaardige prestasie aangesien slegs die beste 100 junior en 100 senior deelnemers landswyd genooi word om aan die finale rondte deel te neem. Die vraestel, wat tydens die

Nuus en Media

Garsie blink op die wêreldverhoog!

Ons is ongelooflik trots op Kaylie Barlow, wat die voorreg gehad het om Suid-Afrika by die Dance World Cup Finals in Dublin, Ierland, te verteenwoordig. Kaylie het ongelooflike individuele prestasies behaal: 3 goue medaljes – 3x Wêreldkampioen 3 silwer medaljes – 3x Vise-wêreldkampioen 1 bronsmedalje 2 vyfde plekke Baie geluk, Kaylie! Jou harde werk en

Nuus en Media

Seunshokkie

‘n Sterk vertoning deur ons hokkiespelers! Eerstes wen hul vriendskaplike wedstryd 3-0. 0/16A speel 1-1 gelykop in die Pretoria Cup (plekke 5-8) en wen daarna 3-2 in die uitskietkompetisie. Baie geluk, Garsies!

Nuus en Media

Jukskei

Baie geluk aan Gerhardus Matthee, wat gedurende die vakansie aan die SA Nasionale Binnelandse Toer vir Jukskei deelgeneem het. Ons is baie trots op jou!

Nuus en Media

Netbal

Baie geluk aan Tamzin-Lee Deysel, Veruscha Smith en Larissa van Deventer wat saam met hul Tshwane O/19-spanne goud gewen het by die TNC SA O/19 Kampioenskappe. By die BB Noordbond-netbaltoernooi het ons Garsie-spanne ook uitstekend gevaar: ‘𝑛 𝑆𝑝𝑒𝑠𝑖𝑎𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑘𝑤𝑒𝑛𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝑀𝑖𝑒𝑘𝑒 𝐵𝑜𝑡ℎ𝑎, 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑒𝑠𝑡𝑒 𝑂/14-𝑠𝑝𝑒𝑙𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑟𝑛𝑜𝑜𝑖 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑤𝑦𝑠 𝑖𝑠. ‘𝑛 𝐵𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑒 𝑝𝑟𝑒𝑠𝑡𝑎𝑠𝑖𝑒!

Nuus en Media

𝐒𝐭𝐞𝐦 𝐯𝐢𝐫 𝐨𝐧𝐬!

By Hoërskool Garsfontein glo ons dat verandering doelbewus verwelkom word en dat elke Garsie die vermoë het om sy of haar eie suksesstorie te skryf. 𝑂𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑡𝑟𝑜𝑡𝑠 𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑚𝑖𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝐵𝑒𝑠𝑡𝑒 𝐴𝑓𝑟𝑖𝑘𝑎𝑎𝑛𝑠𝑒 𝐻𝑜ë𝑟𝑠𝑘𝑜𝑜𝑙 é𝑛 𝐵𝑒𝑠𝑡𝑒 𝑀𝑢𝑠𝑖𝑒𝑘𝑎𝑘𝑎𝑑𝑒𝑚𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑃𝑟𝑒𝑡𝑜𝑟𝑖𝑎. Uitnemendheid is nie vir ons ’n doelwit nie, maar ’n leefwyse wat in elke

Nuus en Media

Kwartaal 3 het amptelik begin!

Ons het die kwartaal op die beste moontlike manier afgeskop met Bereparkopening, en ons sien met groot opgewondenheid uit na alles wat hierdie kwartaal inhou. Mag hierdie kwartaal gevul wees met nuwe geleenthede, groot prestasies en onvergeetlike Garsie-oomblikke.

Nuus en Media

Musiekblyspel 2026.

Is jy gereed vir “One Normal Night”? Die Garsie Musiekblyspel bring 𝙏𝙝𝙚 𝘼𝙙𝙙𝙖𝙢𝙨 𝙁𝙖𝙢𝙞𝙡𝙮 na die verhoog met sang, dans en toneelspel wat jy nie wil misloop nie. Kaartjies is nou beskikbaar! https://tickets.tixsa.co.za/event/hs-garsfontein-the-addams-family-musical

Scroll to Top