Nuus en Media

Skep Dit! 2026

’n Aand vol kreatiwiteit, talent en inspirasie! Baie trots op ons leerders wat hul harte op die verhoog gedeel het. ’n Viering van kuns, verbeelding en waar leerders ook hul eie skeppings kan deel en hul passie vir die kunste kan uitleef. : Zanica Strauss

Nuus en Media

Skyfskiet

Garsies is trots om aan te kondig dat Maryke Crous en Anisa du Toit gekies is vir die nasionale SANSSU Top 80-proewe. Hierdie byeenkoms vind op 17 en 18 April in Vryheid, KwaZulu-Natal plaas, waar die land se top-skuts teen mekaar sal meeding. Ons is uiters trots op julle prestasie en wens julle alle sterkte

Nuus en Media

Hokkie

Ons o/16A-dogterspan het uitstekend presteer by die SAHNS O/16 Fees en 6 uit 8 wedstryde gewen, wat hulle ’n sterk 6de plek uit 26 skole besorg het. ’n Spesiale geluk aan Omphile Malikane wat aangewys is as Speler van die Toernooi – wat ’n ongelooflike prestasie! Ons o/14A-span het ook hul merk gemaak by die

Nuus en Media

Atletiek

Baie geluk aan ons 15 atlete wat in die AGN-span opgeneem is! Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en wens julle alle sterkte toe vir die ASA SA’s in Germiston vanaf 26–28 Maart. Gaan wys wat in julle steek – ons staan agter julle elke tree van die pad!

Nuus en Media

Borge

By Garsies weet ons : Elke prestasie begin met die regte ondersteuning. Baie dankie aan Aquellé VíV vir julle ongelooflike borgskap en ondersteuning. Soos julle kan sien – Garsies atlete vertrou in Aquellé ViV om hulle deur elke wedloop te dra.

Nuus en Media

Sportuitslae. Rugby

Wat ’n naweek op die veld! Ons 15 rugbyspanne het alles gegee teen Hoërskool Noordheuwel, en 9 van hulle het met trots die oorwinning huis toe gebring.

Nuus en Media

Skoolterrein Ontwikkelings

Garsies bou groter. Bou beter. Bou vir die toekoms. Ons sportfasiliteite ondergaan tans ’n indrukwekkende transformasie, met opgraderings wat ontwerp is om elke atleet se potensiaal ten volle te ontwikkel. Ons atletiekfasiliteite is opgegradeer met die nuutste sintetiese oppervlaktes vir velditems soos verspring, hoogspring en spiesgooi — oppervlaktes wat op dieselfde vlak is as dié

Nuus en Media

Tres Scholarum Koorfees

Kom ervaar een van die hoogtepunte op die jaarlikse kultuurkalender. Vanjaar met trots aangebied deur Hoërskool Garsfontein. ‘n Besonderse koorfees met die room van musikante en kore van Pretoria. Bespreek jou kaartjies vandag op iTickets: https://itickets.co.za/events/485651

Nuus en Media

MMG

Baie geluk aan al ons wenners: 𝐌𝐧𝐫 𝐆𝐚𝐫𝐬𝐢𝐞: 𝐈𝐯𝐚𝐧 𝐇𝐮𝐫𝐭𝐞𝐫 𝐌𝐞𝐣 𝐆𝐚𝐫𝐬𝐢𝐞: 𝐈𝐬𝐬𝐚𝐛𝐞𝐥𝐥𝐚 𝐥𝐞 𝐑𝐨𝐮𝐱 Die aand was ’n reuse sukses, met ongelooflike energie, styl en selfvertroue wat die verhoog oorgeneem het. Die finaliste het behoorlik uitgehaal en gewys, en Brendan Peyer het die aand perfek afgerond as gaskunstenaar. Garsies, julle maak dit moeilik om

Scroll to Top