Author name: Sven Bergman

Nuus en Media

Kultuur

Garsie maak skoonskip by Pretoria Eisteddfod! Mickayla van der Merwe (graad 12) word tydens die Pretoria Eisteddfod se prysuitdeling aangewys as leerder met die hoogste gemiddeld in die Populêre Sang Afdeling, kategoriewenner en algehele wenner in dieselfde afdeling. Welgedaan, Mickayla!

Nuus en Media

Skaak

Alexia Jansen het ‘n tweede plek en Anneke de Jager ‘n vyfde plek die afgelope Saterdag behaal in die D4 Skaakuitspele. Albei spelers dring deur na die “District Individuals” wat op 31 Julie gaan plaasvind. Baie geluk met julle puik prestasie!

Nuus en Media

Garsie-aktrises skitter in die kalklig!

Baie geluk aan Mickayla van der Merwe (graad 12) en Jamie-Lee Hawkins (graad 10) wat opgeneem is in die geselskap van die Oak Jeugteater se musiekblyspel, Hercules, wat vanaf 9 – 19 Julie by die Fairtree Atterbury Teater op die planke is.

Nuus en Media

Skyfskiet

Die jaarlikse NGSSA Egoli Ope het op 9 en 10 Mei plaasgevind, gevolg deur die SAARA OVL Ope op 15 en 16 Mei. Beide kompetisies is by die Florida-skietklub aangebied. Hiermee is die uitslae van die Garsie-skuts: 𝐍𝐆𝐒𝐒𝐀 𝐄𝐠𝐨𝐥𝐢 𝐎𝐩𝐞: Onder 16: Onder 14: 𝐒𝐀𝐀𝐑𝐀 𝐎𝐕𝐋 𝐎𝐩𝐞: Onder 21: Onder 16: Onder 14: Baie geluk

Nuus en Media

Eksamen

Ons Junie-eksamen het amptelik begin! Ons het met ‘n paar Garsie-leerders gesels om hul gedagtes oor die eksamentyd te hoor. Aan al ons Garsies: Sterkte met die eksamen. Julle harde werk gaan beloon word. Ons glo in elkeen van julle!

Nuus en Media

Oud-Garsie presteer internasionaal.

Ons is ongelooflik trots op Oud-Garsie Leané Theunissen, wat deel vorm van Cape Ballet Africa se merkwaardige suksesverhaal. Die geselskap het reeds internasionale erkenning ontvang, met bekroonde produksies en benoemings vir gesogte toekennings. Leané vertolk ook hoofrolle soos Giselle en Odile in Swan Lake, en leef haar passie op wêreldklasverhoë uit. Jou Garsie-familie is trots

Nuus en Media

Rugby

Dit was weereens ‘n naweek van uitstekende Bererugby. Ons is baie trots op al ons spanne! : Joubert de Wet

Nuus en Media

Wintersport

Vind aangeheg die program vir ons Rugby teen Hoërskool Rustenburg. Klik op die skakel hieronder om kaartjies vir Saterdag se wedstryde te koop: : https://itickets.co.za/events/486022

Nuus en Media

Netbal

Ons deel graag die volgende hoogtepunte van ons netbalwedstryde teen Hoërskool Menlopark: Ons is ongelooflik trots op al ons netbalspanne en die passie waarmee hulle elke wedstryd aangepak het. Baie dankie aan Hoërskool Menlopark vir ’n heerlike naweek vol goeie sportmanskap en kompeterende wedstryde. : Jaco Adendorff

Scroll to Top